Home Products / Pricing FAQ Farming Info NEWS Feedback Form

[ Kliek hier vir afrikaans ] [ Back to Main ]

Most common mistakes made by Chicken farmers

Please take note of these points. This is to help the farmers with any problems they might experience with their Chicken farming. There are some daily mistakes that occur during chicken farming. It is better to manage your farm properly – than trying to heal sick chickens. It is actually impossible to get a sick chicken fit again.

Day Old Chicks – Transport and placement

Always, always check all the chicks in the boxes when you receive them from the driver or the office.

1. Chicks get transported long distances on open bakkies – chicks get dehydrated because of sun and wind and die.
2. Chicks that are transported in a vehicle’s boot – they suffocate.
3. Chicks that are transported in a closed vehicle – without any ventilation or open windows will die.
4. When arriving at the farm – farmers don’t unpack chicks immediately.
5. Sometimes they keep them in boxes and put them into heated cages. When they open the boxes a lot of chicks then had been suffocated.
6. In wintertime unpacked chicks in cold cages. They freeze to death.
7. When chicks get unpacked water must be room temperature. They will die if they drink water that’s to cold.
8. When chicks get unpacked the cage temperature must be 31 degrees C. Infrared lights are not sufficient enough – put extra heaters during the winter.
9. No temperature management – Farmers don’t know what the minimum and the maximum temperature in the cages are. Temperature must be measured where the movement of the chicks are.
10. Infrared lights and brooders to high or to low. ±80 cm from the floor. Hot spots in cages are wrong – the chicks will stay in the hot spot and they won’t eat or drink and then die on day 3, 4 and 5. They stay small because of dehydration, no food and water.
11. Farmers don’t teach chicks to eat – place carton boxes with a thin layer of food on the floor as well as normal feeders. The chicks will then pick and the pick sound will help them to eat. When the feeders are to full there’s no sound and they don’t learn to eat. Some chicks will starve and die on day 3 and 4. Remove boxes after a few days.
12. Chicks must first be counted in the boxes – 25 chicks in each space, before you unpack them. If there is a problem with the amount of chicks contact us before you destroy that box. The details that appear on the box are needed.

Chickenhouses

1. Farmers don’t clean and sanitise their chicken houses (from top to bottom) feeders and drinkers must be cleansed properly with soap and water.
2. Farmers don’t properly disinfect their chickenhouses inside and outside. Use Virukill or Virkon S disinfectant – change disinfectant from time to time. Jayes Fluid is not sufficient enough.
3. Earthen floors (uncemented) are not sufficient – It can’t be kept clean. Use Longlife soap to try and clean earthen floors.
4. The ventilation controls in Zinc cages are very difficult. Chicks always get to cold or to hot. Temperature change during day and night are to severe. Chicks stress – they are then much more receptive to illness.
5. During summertime severe heat in cages – chicks can’t grow in such circumstances. Cages temperatures must be ± 23 degrees C.
6. Rooms with high walls and windows are not sufficient – there is not enough ventilation, floors are wet and bacteria are growing. Rattling in the throat of ± 3 weeks old chick’s starts and their head swells (“dikkop”.)
7. Curtains hang from top to bottom instead of shifting from bottom to top. With curtains that are working the wrong way around proper temperature and wind control can’t be managed.
8. Some farmers don’t make use of disinfectant foot basins at the doors of their chickenhouses.
9. There aren’t enough feeders and drinkers. At least 3 feeders and 1 automatic drinker per 100 chicks.

General

1. Farmers put different ages of chicks under one roof. Bacteria and Viruses from the elder chicks will sicken the younger ones. There performance will be poor.
2. Farmers and workers go from one cage to another without clean boots and cloths.
3. Workers go from older chicks to younger chicks – that is wrong. The right procedure is – to go from the younger chicks to the older ones.
4. Farmers don’t wash and disinfect their cages on the outside - dead birds and droppings are lying around. When the wind blow, viruses and bacteria get in touch with the chickens and they get sick. Higher mortalities.
5. Wrong feeding. Feed concentrate as well as poor quality food. Always use well-known brands. Feed must be of a very high standard, make sure that all the right additives like growth stimulants and Anti Cocsidiosis remedies are in every lot. Please see our recommendations.
6. Wrong medicine program – Use the medicine program from Alfa Chicks. Vaccines have a definite influence on the birds. There will be some mortalities (Vitamines before and after vaccines will help)
7. Birds don’t get enough vitamins. Please see our products
8. Constant Antibiotics are bad because it takes away all of your chicks immunity and resistance.
9. If you need more advice feel free to consult Alfa Kuiken Plaas. Contact Us

Back to top ^

Mees algemene foute wat deur hoenderboere gemaak word

Hier volg ‘n klompie algemene foute waarmee ons elke dag te doen kry. Om die boerdery reg te bestuur gaan van u ‘n suksesvolle boer maak. Om ‘n siek hoender reg te dokter is feitlik ‘n onmoontlike saak – maar deur die regte bestuur toe te pas sal u siektes en probleme beperk.

Dagoue kuikens – vervoer en plasing

1. Kuikens word vêr ente op oop bakkies vervoer – son en wind dehidreer die kuikens, in die winter verkluim hulle agter op oop voertuie.
2. Kuikens word in motor se katebak vervoer – hulle versmoor.
3. Kuikens word nie dadelik uitgepak nie – staan in te warm vertrekke in bokse en versmoor.
4. Kuikens word in koue hokke uitgepak.
5. Te koue water in drinkbakke wanneer kuikens uitgepak word laat hulle vrek.
6. Te min hitte in hokke – Infrarooi ligte is nie voldoende nie, sit ‘n ekstra verwarmer in tenminste 31 grade C.
7. Geen temperatuur beheer – weet nie wat is die min. En max. Temperatuur in hokke nie omdat termometers nie gebruik word nie. Temperatuur moet op grondvlak waar kuikens is, gemeet word.
8. Infra rooi ligte en kunsmoeders te hoog of te laag gestel – moet ongeveer 80 cm hoog wees. Warm kolle in hokke is nie reg nie. Kuikens bly in warmkolle gaan nie eet en drink nie, vrek dan op dag 3,4 en 5. Hulle is klein a.g.v. dehidrasie en geen kos en water. Kuikens wat te koud gekry se groote is ook geneig om te wissel.
9. Kuikens word nie geleer om te eet nie – plaas ‘n paar kartonbokse met ‘n dun lagie kos oor sodat die karton ‘n pik geluid maak wanneer hulle pik. Wanneer bakke te vol is maak dit geen geluid nie. Kuikens vrek dan dag 3 en 4 van honger. Plaas ook die buisvoerders sodat hulle dit leer ken – verwyder die kartonne na ‘n paar dae.

Kuikenhuise

1. Hokke en bakke word nie behoorlik met seep afgewas en af gespuit nie.
2. Hokke word nie behoorlik binne en buite ontsmet nie. Gebruik Virukill of Virkon S ontsmetting – wissel dit gereeld af. Jayes Fluid is nie voldoende nie.
3. Grondvloere werk nie goed nie. Kan nie behoorlik skoon gehou word nie. Gebruik Longlife seep vir grondvloere.
4. Sinkhokke se ventilasie beheer is baie, baie moeilik. Kuikens kry of te koud of te warm. Temperatuurwisseling tussen dag en nag is te groot. Kuikens stres en is meer vatbaar vir siektes.
5. Vertrekke met hoë mure en vensters is gewoonlik nie voldoende nie. Ventilasie is swak – hokke word klam en bakterië groei. Op ongeveer 3 weke ontwikkel die kuikens ‘n geroggel en dikkop.
6. Gordyne wat van bo na onder skuif – i.p.v. van onder na bo. Wind en temperatuur beheer kan nie behoorlik toegepas word met gordyne wat verkeerd om werk nie.
7. Op sommige plase word daar gladnie voetbaddens by hokdeure gebruik nie.
8. Nie genoeg drink en voerbakke - Tenminste 3 Voerbakke en 1 Automatiese drinker per 100 kuikens.

Algemeen

1. Verskillende ouderdomme kuikens mag nooit onder een dak of in een hok geplaas word nie. Bakterië en Virusse van ouer kuikens het ‘n onmiddelike invloed op jonger kuikens. Dit beinvloed hulle groei en gesondheid.
2. Werkers gaan van een hok na ‘n ander sonder skoon klere en boots.
3. Werkers gaan van die ouer hoenders na die jonger hoenders – Die regte prosedure is om by jongste hoenders te begin en by oudste te eindig.
4. Werkers steel die groter hoenders en sit dat jonger kuikens in daardie hokke – die boer dink daar is fout met die kuiken dat die kuiken nie groei nie.
5. Hokke buite om word vuil gelaat asook dooie hoenders en ou mis lê om die hokke – op die manier kom bakterië en virusse met kuikens /hoenders in aanraking bv. Deur wind ens. Dit verhoog hoendervrektes.
6. Verkeerde voer – swak voere asook voerkonsentrate word gegee. Sien Alfa Kuiken Plaas se inligtingspamflet.
7. Verkeerde entprogramme word gevolg. – sien die medisyne program. Entstowwe het ‘n invloed op die kuikens. Vrektes kom voor met enting. (Vitamines voor en na enting help in ‘n mate.)
8. Gee nie voldoende vitamines nie. Sien ons produkte
9. Boere gee gedurigdeur vir kuikens antibiotika – dit breek sy weerstand af en soos in die geval van mense – het die hoender later geen weerstand nie. Gee slegs antibiotika wanneer kuikens regtig siek is. Indien kuikens van kleins af antibiotika soos bv. Cosimix kry bly hy verswak en het later geen weerstand meer nie.
10. Skoon wit denne saagsels moet ongeveer 10 mm dik op die hokke se vloere gebruik word. Glade en nat vloere veroorsaak beendefekte. Beendefekte kan ook veroorsaak word deur verskillende siektes soos E.coli infeksies en Mycoplasmosis ens. Gewoonlik hokke wat nie voldoende ontsmet en skoongemaak is voordat ander kuikens geplaas is nie.
  • Faktore waarvan ek bewus is wat wel bene defekte veroorsaak is die volgende:
  a. Beenmeel tekort – gewoonlik wanneer goedkoper swakker voere gebruik word.
  b. Koue nat vloere – wanneer daar nie voldoende skaafsels (ong. 10 mm dik) op die vloere gegooi word nie asook onvoldoende ventilasie wat hokke klam hou.
  c. Onvoldoende hitte – Wanneer hokke te koud is gedurende die nag en die kuikens op mekaar klim vir hitte.
  d. Hokke nie behoorlik ontsmet – Siektes wat onstaan a.g.v. hokke wat nie behoorlik afgewas en daarna met die regte ontsmettingsmiddels skoon gemaak is nie. Bv. Mycoplasmosis, E.coli ens. Wanneer meer as een ouderdom kuikens onder een dak geplaas word kan hokke ook nie behoorlik skoon gemaak word nie. Bakterie bly agter en nuwe kuikens word besmet.
  e. Kuikens word geskuif en baie rond gejaag - Wanneer kuikens van een hok na ‘n ander geskuif word of erg verstuur word deur nuwe bedding in hokke te sit. A.g.v. vinnige groei is die Braaikuiken se bene nie baie sterk nie en daarom moet hulle so stil as moontlik gehou word.
11.

Boere is geneig om mekaar se raad aan te neem maar vra nie ‘n kundige se raad nie. ‘n Ander hoenderboer is nie noodwendig ‘n kundige nie.

12. Indien u meer inligting verlang, skakel ons gerus.

Back to top ^

© Alfa Chicks 2007
Hosting and development by NetPosition